Druk "ctrl" + "F5" op elke bladsy om die nuutste bladsy te verseker
Die webbladdsye vertoon die beste op maksimum grootte of 1024x768
Tafelberg 4x4 klub is hoofsaaklik 'n Afrikaans sprekende private 4x4 klub, maar ons verwelkom ook alle ander taalgroepe. Ons ledetal bestaan huidiglik uit ongeveer 60 gesinne met dieselfde belangstelling en is steeds besig om te groei. 4x4 is vir ons 'n leefstyl wat gepaard gaan met die liefde vir die buitelewe, kamp en bewondering van die natuurskoon. Alle klub aktiwiteite is gesinsverband. Die klub bied gereelde 4x4 geleenthede en ander byeenkomste om u leefstyl trots te be-oefen, en kan ook al die nodige opleiding verskaf. Tafelberg 4x4 Klub is ge-affilieer aan AAWDC en akkomodeer lede van alle voertuig fabrikate.
Tafelberg 4x4 Klub is ‘n trots Afrikaanse klub maar is ook ‘n welkome tuiste vir ons Engelssprekende lede, want ons is verbind deur die liefde wat ons het vir die 4x4 leefstyl, kamp en natuur. Ons klub heg groot waarde aan die samesyn van gesinne en ons aktiwiteite beplan ons om gesinne te akkommodeer. Ons klub verteenwoordig nie ‘n spesifieke handelsmerk nie dus is ons oop vir alle 4x4 fabrikate.
Ons erken die verantwoordelikheid wat ons teenoor die veld en natuurskoon het en verbind ons daartoe om die buitelewe en sy bewoners te respekteer.
Tafelberg 4x4 Klub is ‘n private 4x4 klub wat die volgende bied:
1. Die geleentheid om jou 4x4 leefstyl te beoefen deur 4x4 ekspedisies en 4x4 naweek kampe te hou. Minstens 1 ekspedisie per jaar en een 4x4 uitstappie per maand.
2. Ons hou ook vriendskaplike 4x4 uitdagings soos Koning van die Duine.
3. Die klub poog ook om tieners te betrek en belangstelling te kweek in die 4x4 leefstyl van hul ouers.
4. Die klub hou 4 ledevergaderings per jaar waarop daar ook opbouende buitesprekers genooi word.
5. Die klub bied ook sosiale geleent-hede en nie 4x4 uitstappies.
6. ‘n Klubkaart wat ook korting beteken op huur van klub toerusting, gidsfooie en oplei-ding.
7. ‘n Gratis klub epos adres bv. jounaam@tafelberg4x4klub.com
8. Gratis webspasie om jou besigheid te promoveer of om iets oor jouself en gesin te vertel.
9. Toegang tot ledewinkel waarby gratis advertensies geplaas kan word.
10. Toegang tot ‘n forum vir maklike kommunikasie www.tafelberg4x4klub.com/forum/
11. Tafelberg 4x4 Klub bied soms die geleentheid aan lede om teen betaling vir Filmwerk en Teambuilding gebruik te word.
Omdat Tafelberg 4x4 Klub aan die AAWDC ge-affillieer is het lede toegang tot ORRU (Off Road Rescue Unit) en ORRA (Off Road Radio Association).
Van Tafelberg 4x4 Klub se lede het bestuursposte in die volgende assosiasies: AAWDC Cape: Association of All Wheel Drive Clubs SAROOF: SA Route Owners 4WDGA: Four Wheel Drive Guides Association NOW: National Off Road Workgroup
4x4 & GPS Opleiding
Tafelberg 4x4 Klub bied uitgebreide 4x4, kamp en GPS kursusse aan om u be-kwaam en tuis te maak in die veld. Sien ww.4x4offroadacademy.com Daar bestaan ook opknappings kursusse vir die ou hande.
‘n DVD word van die meeste geleenthede gemaak om soet herinneringe te bewaar en die kers aan te steek vir die volgende uitstappie.
Tafelberg 4x4 Klub werk ook aan projekte soos ons eie Resepteboek en projekte om die mooi roete soos bv. Wupperthal se Tra-Tra roete weer oop te stel.
Die bestuur van Tafelberg 4x4 Klub word demokraties verkies op die jaarlikse AGM terwyl alle bates beheer word deur Offventure cc.
Wil u aansoek doen om lidmaatskap….. Vul aanlyn die aansoekvorm in. www.tafelberg4x4klub.com/aansoek.html of kontak Peet by : 072 353 2495
of Alta by : 072 3144 117
Ledegelde beloop tans R300 per jaar.